Lyrics to Die Bure
Die Bure Video:
die bure skop hulle diere en slaan hulle kinders in die niere, drink baie bier en gooi die bottels stukkend in die driveway. hulle sny nie die gras nie, gooi nie die rubbish in swart sakke nie, steek gedurig goed aan die brand, is besig om â??n wagtoring op te rig, angle-grind tot 3-uur die oggend, skiet ou TV's met rewolwers, rand bedelaars aan, verdryf kollekteerders en predikante met donshael, sambokslae en megafone. soms bel ons die polisie, maar die polisie is besig en het nie tyd vir nietighede nie.

hoe kou jy die dag in sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou? maak lugwaardinne met grondboontjies in hulle neusgate jou wakker, skud hulle bakpoeier oor jou gesig, klop liggies â??n eier daardeur? of is dit die gehoes van reá«n en die getik-tik van stringe wind teen die vlagpale van die kwikspar? is daar kieme op deurknoppe, hempsknope, polisieknuppels en melkdruppels? hoe grou haar toonaels in jou rug se moue? wie's die vrouens wat gedurig sooie kom láª, growwe, groen, nat sooie, wat nog na kontant en vloedwater ruik? wie's die waterfiskaal by die beervleidam, wie se lammers l᪠dood langs die pad, wie plaas die bloukraanvoá«ls hier, soos grys gekerfde brode tussen die swart en die koring? wie grom vir wie tussen tandepaste en petroleumjellie? ken jy jou petroljoggie se naam? met watter vinger teken jy in die stof, skiet julle grof, vat julle fyn? ken julle tant mossie se acid house remix? click julle tonge, nat punte, gesplete klinkers, voorste verhemeltes en hemelse handlangers, saam, tegelykertyd, eensklaps, spoedig? buig julle saam om die herd, rol julle dieselfde drom om, deel julle â??n paar boude? wat's louterwater? wie besluit hoe later hoe kwater? is â??n kapater elke dag kwater en kwater, synde hy sonder â??n knater? brul dinge op die braai, roer iemand die slaai, swaai kinders op die skoppelmaai? hoe kou jy die dag in sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou?

voet op die wa, los hand om die greentrees koffie, sigaret wat rol onder die oogtand, staan ons held vannaand in september en praat oor sy vrou, en sy eks-vrou en hoe sy nie die inslepery kon hanteer nie. sy pak haar tasse, hy skud sy kop. die nuwe vrou is beter, sy't reg gekies. dan's daar sy broer en sy pa, dood op pad na â??n ongeluk, hy't uitgery nylstroom toe vir die lyksuitkenning. wanneer sy oá« in die rigting van die caltex sign draai, kan jy jou jou verbeel jy sien sy harde ken by die ruit uitsteek, een hand op die wiel, die ander wat slap hang in die wind, blou oá« wat wil huil maar nie kan nie, want die verkeer is swaar, en die pad by die carousel verby is vol busse en trokke. eers by die zambesi-laan afrit kom sy kop skoon, en hy dink aan werk en die ekonomie en vriende en die vrou. dan, jare later, staan hy hier by greentrees en deel raad uit oor karre en deals aan â??n dwerg en â??n yuppie, die gesprek soos â??n toolbox wat van â??n bakkie afval. soek hom maar gerus op, jy sal hom ken aan sy oorpak en sy glimlag, en sy wiele wat ruik na rubber en reá«n, en sy stem, vol missed calls, middernag-padstories en die lig wat uit die dag gesuig word.

hy's so anders as ons bure, wat hul diere skop en hulle kinders in die niere slaan, skote na die maan afvuur, nooit die gras sny nie, en die pos laat ophoop. hoe kou jy die dag in sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou? swaai iemand op die skoppelmaai? roer iemand die slaai? brul dinge op die braai? skiet julle grof, vat julle fyn?
Songwriters:
Publisher:
Powered by LyricFind