Are you an artist? Make the most of your lyrics with Musixmatch Pro!
Add translation
Share
These Lyrics are yet to be verified
0 contributions
about 8 years ago
Translations

Lyrics of Lang Gras by Robbie Wessels

Ek voel jou hart soms in myne klop.
Ek voel jou bloed deur my are pomp.
Ek sien jou soms in die spieël,
Soos toe jy nog jonk was.
As my voete te moeg was, sou jy my dra,
Jou keppie ons kompas, sou ek jou vra.
As ons lê in die lang gras, wat hardloop daar?
En jy saggies sou sê, ′n steenbok.
'N Steenbok vat nooit weer maat.
As hy sy maat verloor bly hy alleen.
Sou ek luister as jy vertel
En dit neer skryf op my hart.
As my voete te moeg was, sou jy my dra,
Jou keppie ons kompas, sou ek jou vra.
As ons staan langs die plaasdam, wat maak pa daar?
En jy saggies sou sê, ′n vissersknoop.
Jy draai die lyn so 'n paar keer om,
En druk die punt deur die lussie.
Maak die lyn so styf as moontlik vas,
En dit noem 'n mens ′n vissersknoop.
As jou voete te moeg raak, wil ek jou dra,
My keppie, ons kompas, sou jy my vra.
As ons lê in die lang gras, wat vlieg daar?
En ek saggies sou sê, ′n arend.
As ons lê in die lang gras.
As ons lê in die gras.
As ons lê in die lang gras.
As ons lê in die gras.
As my voete te moeg raak en ek neer val,
Sal pa my kom haal.
Writer(s): Robbie Wessels

Contribute

To-do

Structure Tag
Identify the song's sections

Completed

Lyrics
Lyrics in time with music
Performers Tag
Identify who's singing what

Credits

This song has no credits yet
Are you an artist? Distribute your lyrics!
Take full control of your lyrics. Curate, sync, and distribute your lyrics on Spotify, Apple Music, and more.
Explore Musixmatch Pro