Are you an artist? Make the most of your lyrics with Musixmatch Pro!
Add translation
Share
These Lyrics are yet to be verified
0 contributions
almost 13 years ago
Translations

Lyrics of Waarom Ek Roep Na Jou Vanaand by Gert Vlok Nel

Gert bo die grond roep na Koos onder die grond
Kom in, Koos, kom in, kom in.
Waarom ek roep na jou vanaand
Dis ′n donker aand diep in Julie maand
En dit reen heel nag oor die Vodacom torings
En die Telkom lyne tussen hier en jou graf
In die woord Transvaal
En ek het jou mooiste plaat van die hi fi lat val.
Koos die lyn is dood tussen my hart
En jou mond se mooiste woorde
En tussen jou woorde en die oorde
Waar die ver winde waai
En waarheen is die skepe in die baai
Hulle woorde het verander in palm van ons hand
En nou woon ons in 'n vreemde land
So sail slowly slowly
All ye ships of the night
Van Malta na Mumbai
Om Koos by sy laaste woord aftelaai.
Good bye Koos, good bye, good bye.
Koos wie raai ek is besig om goodbye te sê
Vir altyd en vir al vir forever
Vir die tent tussen sterre en saffiere
Is so blou sous beaufort se lug
En die stug poems oor jou laaste los papiere
Jy was lank my swarste troebedoer
Jy′t die troebe water van my troebe herf geroer
Maar eintlik weet ek my hart is te nog koue
Water Omo skoon vir die here en Tintin om in te woon
En ek kon nog sing in die maand van maart
En ek kon nog hoor diep treine hoor shunt
Onder in die spoorweg yard
En soggens voor skool as ek puisies uitdruk
In die speel om tien voor sewe kon ek nog
In my oe my siel sien en my hele lewe
En die Gamka rivier het deur geswoesh na die see
En snags het die 13 op en die sewe af treine
Deur geswiesh na die kaap en
'N somer's nag het ek ontslaap
So veel so dat ek geskrik het toe ek sien
In die yard is dit ′n middag in Maart
Maar die lugte was al aan in die straat.
Shantih, Koos, shantih shantih.
Koos na jou was ook ander Koose wat beautiful kon huil in Afrikaans
Daar was die slimste koos met ′n handvol sprokies
Grim en gay en hy het gesê kyk ek skryf met my lyf
My naam is Koos en ek is 'n siek roos
Maar hy′t swaar gesterf soos 'n sonneblom
En sonneblomme kom aaklig om
En om vir Koos deur die nag trein
Die mooiste koos al oos al af met die rivier
So black soos label deur die nag so swart soos
Bybel tot in die magnificent woord van die môre
En ook my vriend koos van beautiful west
En altyd hy met tuxedo spring op die middernag trein
Op ′n impulse van winter, midnight street light,
Small-town rain amongst other things
Lê vanaand begrawe op Springs
Koos wys hulle, asseblief, vir hulle
Tente moet pitch in die melkweg in daai pitch dark
Good night, Koos, goodnight good night
Jy daareen teen was bullshit-loos, Koos
Illusie-loos, hawe-loos, droomloos, tydloos,
Groepie-loos, draadloos en heeltemal hopeloos.
Jou lietjies was so hartverskreurend skoon
Te skoon te skoon om in te woon
Hulle behoord nie in afrika of nie êrens nie
Jou lietjies belong eintlik nêrens nie
Deur die trein-venster sien ek die middernag son
Of was dit 'n brokkie son op Germiston peron.
Ek het verslaap op die trein en ek het die nag verby
My tuisdorp gery en die huis waarin ek my
Hart sou kon uitstort
The old hometown look the same
As you step down from the train
En daar′s jou ma en jou pa en Mary down the lane
Maar as jy jou hand uitsteek begin hulle te verdwyn
Met die jare het alles gerafeld, Koos,
As jou ma se ou greinhoud tafel
En daar is 'n liedtjie van die ou wat se woorde
Ek nou nooit meer kan onthou nie.
En ek weet nie of jy ooit 'n tintin boek gelees het nie, Koos
Maar Tintin in Tibet* is die enigste boek waar Tintin ooit gehuil het
Goodbye Champ, Good Bye goodbye.
Dit was 11 uur die naand op die laat aand nuus gelees deur
Blomerus Niewoudt gewees Ek he so pas by die huis gekom
Toe sê my ma vir my dat jy soos jou vriend Herman destyds
Op die 45th cutting afrit into Durban in ′n Volkswagen Beetle
Gesterf het dat jy die nag wil ry na jou vriend Nick toe
Om iets stupids te gaan sê al het hulle vir god′s sake al gelê
Dat jy sober en helder was dat dit hoog somer was
En dat die nag so mooi, so mooi
Dat niks kon jou nie meer roer of raak nie
Nie saffier, smarag of agaat nie
En ook nie jou woorde se saffier, smarag or agaat nie
Dat dit die tipe nag was waar treine en woorde mooi saamry om te sterf
Dat dit die perfekte nag uit tien duisend was, Koos
Om goodbye te sê vir alles en dat jy het toe alreeds alles nagelaat
Al was dit min aan Irma, Karien, Karla en Mornay en my
En Koos, gun ons jou fans jou laaste sad steps te retrace
En jou verlaas te groet
Vaarwel, Koos, Vaarwel, vaarwel
Want ons is Graceland-loos, Koos
Geen Memphis, Tennesse vir ons nie
Waar dit die God van lewe en dood behaag
Om jou in die nag op die no-doubt bestemde uur
Te laat ry op 'n laag water brug en die volksie
In slow motion begin to gly in die tamboekkie gras en al daai
Long, lonely plekke waar jy altyd was tot teen ′n boom
En jy half-lyf deur die windscreen tot op die bonnet teen die
Boom het jy half gedroom en half gely en no doubt halwe dinge bely
Jou oe het gesien êrens dit en êrens dat
En miskien Herman wat inkom in die baai
Op die dek van die Carion all sails en hy hyl jou,
Hy vraai, hy lag en waai hy roep jou
"Ek het jou kom oplaai, Koos, all around the world
From Malta to Mumbai."
En toe het jy die woord Mumbai omgedraai
En iets vir ons gesê wat ons nie kon vang nie
Weens die afwesigheid van wind maar dit was iets soos
"Wind, vind, bind, kind," en toe het jy die more sien breek,
Koud en woordeloos, Koos, en jy was bly
En skielik was jy vry
Min of meer hierdie dinge het ek rekonstrueer
Op night-shift duty as muslukte poging tot laaste eer
Good Bye Koos, Good bye, Good bye
Good bye, Koos, Good bye.
Good Bye Koos, Good bye, Good bye
Koos jy't gesing oor vroue, die see en die myne
En ek sing oor vroue, die see en treine
En ek onthou die nag toe ek hoor jy is dood
In die Januarie ′84 die land was vol angs
Maar die nag was pragtig op Beaufort Wes
Dit was 11 uur die aand op die laat aand nuus
Gelees Deur Blomerus Niewoudt gewees
En ek het pas by die huis gekom
En sê my ma vir my, Gert, en al die treine het gaan staan.
* Tintin in Tibet is not where Tintin cries. I know this because I lost a $1 000 000 bet to my friend Michael.
Writer(s): Gert Vlok Nel

Contribute

To-do

Structure Tag
Identify the song's sections

Completed

Lyrics
Lyrics in time with music
Performers Tag
Identify who's singing what

Credits

This song has no credits yet
Are you an artist? Distribute your lyrics!
Take full control of your lyrics. Curate, sync, and distribute your lyrics on Spotify, Apple Music, and more.
Explore Musixmatch Pro